BESTUURSKURSUS IN LANDELIKE BEVEILIGING

(in samewerking met Vrystaat Landbou)

Module 1 Strategie

Module 2 Taktiese Optrede

Module 3 Beskerming van Landelike Plaaswerf en -opstalle

Module 4 Basiese Inligting

1. Algemene beskrywing van die Kursus

Aangesien die term beveiliging in ‘n groot verskeidenheid uiteenlopende beroepsgeoriënteerde situasies gebruik word soos nasionale, private, kleinhandel, fisiese en industriële beveiliging, word verskillende betekenisse daaraan geheg. Hierdie benaderinge wentel gewoonlik om die besondere veiligheidsmaatreëls wat op eiesoortige terreine toegepas word, maar dit beteken nie dat die basiese funksie daarvan verander word nie. Beskerming is en bly die basiese onderliggende betekenis. Dit omsluit alle vorme van tasbare beveiliging deur beskutting, wapens, hindernisse en ander fisiese maatreëls met die oog op persoonlike of groepsveiligheid en filosofiese beskerming deur die vertolking van die gedragspatrone van bepaalde volks-, kultuur- of ideologiese groepe.

Die kwesbaarheid van plase is so ernstig dat dit al geklassifiseer kan word as kwesbare punte (KPs) of dan baie belangrike gebied/plekke (BPGs).

2. Landelike Veiligheidsmaatreëls

Die bedreigings wat oorweeg is, is dié wat raak aan dade van terrorisering, plaasaanvalle, ondermyning, intimidasie, burgerlike onrus, diefstal, veediefstal, jag met honde, brande, moord en verkragting. In sekere gevalle kan politieke benadeling en ondermyning van boere se moreel nie uitgesluit wees nie.

Landelike gebiede kan dan geklassifiseer word as landelike kwespunte (LKPs) se beveiliging bestaan uit aktiewe en passiewe maatreëls.

Die toepaslike beginsel is:

Daar is nie so iets soos 100% beveiliging nie. Behoefte moet gebalanseer word teen risiko en potensiële verlies.

Sekerheid in diepte, d.w.s. oorkoming van een hindernis moet nie die mislukking van die stelsel beteken nie.

3. Sistematiese benadering

Die kursus beskryf prosedures wat gebaseer is op streng dissipline, funksionele en gesonde ekonomiese beginsels.

4. Veiligheidbeleid

4.1. Algemeen: die doel is om leiding te gee oor die voorsorgmaatreëls vir maksimum neutralisering of vermyding van moontlike lewensverlies en skade.

Die soorte aanvalle wat in hierdie kursus vermeld word, kan op enige tydstip voorkom, individueel of in kombinasie. Teenmaatreëls wat oorweeg moet word, hang af van die aard van elke geval en aanpassings word gemaak om spesifieke bedreigings teen ‘n besondere situasie die hoof te bied.

Alhoewel dit onmoontlik is om vaste reëls neer te lê vir elke situasie, is dit ‘n basiese gids waarvolgens maatreëls beplan kan word.

Die bedoeling is om:

  • Persone bewus te maak van moontlike bedreigings en veiligheidsprobleme en om prioriteitsareas vas te stel.
  • Die tegniese agtergrond van ontleding en voorsiening van beskermde veiligheidsmaatreëls.
  • Om betrokkenes in staat te stel om te besluit oor die omvang van veiligheidstudie wat benodig word en van die vereiste veiligheid.

4.2. Omvang van die Kursus

  • Dit gee ‘n uiteensetting van breë beginsels en riglyne vir landelike veiligheid.
  • Dit voorsien konseptuele begripsprosedures vir die evaluering van situasies en besluitneming oor die logiese veiligheid.
  • Dit beskryf konsepte van tipiese veiligheidsmaatreëls.
  • Die kursus dek nie al die voorsorgmaatreëls wat kan of behoort geneem te word om elke LKP te verseker nie. In baie gevalle, weens die ingewikkelde individuele vereistes van ‘n situasie, behoort professionele hulp gebruik te word.

4.3. Gebruik van die Kursus

  • Dit moet gebruik word slegs as ‘n bron van algemene en begripsinformasie en nie as ‘n universele oplossing vir alle situasies nie – elke situasie moet individueel ontleed word.
  • Dit kan gebruik word om algemene spesifikasies vir uitrusting en ander harde items vas te stel.
  • Behoort as geklassifiseerde dokument beskou te word en sorg moet gedra word dat dit nie in ongemagtide hande val nie.

DIE BESTUURSKURSUS IS IN LYN MET DIE VOLGENDE SAQA “UNIT STANDARDS”:

25947, 242830, 120479, 120483, 119038, 253980, 120494, 244178, 120480, 244177, 259597, 120329, 11513 en 242679

OPSOMMING VAN DIE INHOUD

Module 1: Strategie

Hoofstuk 1

1          Algemene beskrywing van die Handleiding

2          Landelike Veiligheidsmaatreëls

3          Sistematiese benadering

4          Veiligheidsbeleid

5          Bedreigings

6          Bedreiging vir uitrusting, materiaal en produkte

Hoofstuk 2

Die begrip Landelike Beveiliging

Eiendomsbeveiliging

Personeel beveiliging

Fisiese Beveiliging

Buitegrenshindernisse

Ramp en noodbeplanning

Noodsaaklikheid van Landelike Beveiliging

Hoofstuk 3

Samewerking met die S A Polisiediens

Hoofstuk 4

Misdaadvoorkoming

Veediefstal

Hoofstuk 5

Die doel en noodsaaklikheid van Landelike Beveiliging

Hoofstuk 6

Beplanning en toepassing

Die beskerming van noodsaaklike bedrywe

Beheersentra

Noodplan

Evaluering van die gereedheidstand

Module 2: Taktiese Optrede

Hoofstuk 1

Stafvereistes vir ‘n beheersentrum

Landelike Beveiliging

Basiese Noodplan

Hoofstuk 2

Die Plan

Hoofstuk 3

Beheersentrum Uitleg

Hoofstuk 4

Landelike Beveiligingsnoodplan

Hoofstuk 5

Groepsgedrag en Polisiëring

Hoofstuk 6

Patrollies

Hoofstuk 7

Misdaadondersoek

Hoofstuk 8

Sekuriteit

Hoofstuk 9

Strategiese Doelwitbestuur

Hoofstuk 10

Ontplooiingsdril

Hoofstuk 11

Observasietegnieke

Hoofstuk 12

Inleiding tot kommunikasie

Hoofstuk 13

Grondbesetting

Hoofstuk 14

Ondersteuning aan die misdaadslagoffer

Hoofstuk 15

My regte tydens arrestasie

Hoofstuk 16

Siviele arrestasie en gebruik van geweld tydens arrestasie

Hoofstuk 17

Sekerheid in landelike beveiliging

Module 3: Beveiliging van plaaswerfopstalle

Hoofstuk 1

Plaasaanvalle

Hoofstuk 2

Sekerheid van plaasopstalle

Hoofstuk 3

Moontlike teenindringingsmaatreëls

Hoofstuk 4

Jag met honde

Hoofstuk 5

Merk van diere

Hoofstuk 6

Bemarking van diere

Hoofstuk 7

Rapportering van veediefstalle

Hoofstuk 8

Slagoffer regte

Hoofstuk 9

Gekontroleerde register

Hoofstuk 10

Betrokkenheid

Module 4: Basiese Inligting

Hoofstuk 1

Basiese Inligtingsteorie

Hoofstuk 2

Insameling

Hoofstuk 3

Verwerking

Hoofstuk 4

Bronne en hanteerders

css.php