BESTUURSKURSUS IN LANDELIKE BEVEILIGING
(in samewerking met Vrystaat Landbou)
Module 1 Strategie
Module 2 Taktiese Optrede
Module 3 Beskerming van Landelike Plaaswerf en -opstalle
Module 4 Basiese Inligting
1. Algemene beskrywing van die Kursus
Aangesien die term beveiliging in ‘n groot verskeidenheid uiteenlopende beroepsgeoriënteerde situasies gebruik word soos nasionale, private, kleinhandel, fisiese en industriële beveiliging, word verskillende betekenisse daaraan geheg. Hierdie benaderinge wentel gewoonlik om die besondere veiligheidsmaatreëls wat op eiesoortige terreine toegepas word, maar dit beteken nie dat die basiese funksie daarvan verander word nie. Beskerming is en bly die basiese onderliggende betekenis. Dit omsluit alle vorme van tasbare beveiliging deur beskutting, wapens, hindernisse en ander fisiese maatreëls met die oog op persoonlike of groepsveiligheid en filosofiese beskerming deur die vertolking van die gedragspatrone van bepaalde volks-, kultuur- of ideologiese groepe.
Die kwesbaarheid van plase is so ernstig dat dit al geklassifiseer kan word as kwesbare punte (KPs) of dan baie belangrike gebied/plekke (BPGs).
2. Landelike Veiligheidsmaatreëls
Die bedreigings wat oorweeg is, is dié wat raak aan dade van terrorisering, plaasaanvalle, ondermyning, intimidasie, burgerlike onrus, diefstal, veediefstal, jag met honde, brande, moord en verkragting. In sekere gevalle kan politieke benadeling en ondermyning van boere se moreel nie uitgesluit wees nie.
Landelike gebiede kan dan geklassifiseer word as landelike kwespunte (LKPs) se beveiliging bestaan uit aktiewe en passiewe maatreëls.
Die toepaslike beginsel is:
Daar is nie so iets soos 100% beveiliging nie. Behoefte moet gebalanseer word teen risiko en potensiële verlies.
Sekerheid in diepte, d.w.s. oorkoming van een hindernis moet nie die mislukking van die stelsel beteken nie.
3. Sistematiese benadering
Die kursus beskryf prosedures wat gebaseer is op streng dissipline, funksionele en gesonde ekonomiese beginsels.
4. Veiligheidbeleid
4.1. Algemeen: die doel is om leiding te gee oor die voorsorgmaatreëls vir maksimum neutralisering of vermyding van moontlike lewensverlies en skade.
Die soorte aanvalle wat in hierdie kursus vermeld word, kan op enige tydstip voorkom, individueel of in kombinasie. Teenmaatreëls wat oorweeg moet word, hang af van die aard van elke geval en aanpassings word gemaak om spesifieke bedreigings teen ‘n besondere situasie die hoof te bied.
Alhoewel dit onmoontlik is om vaste reëls neer te lê vir elke situasie, is dit ‘n basiese gids waarvolgens maatreëls beplan kan word.
Die bedoeling is om:
- Persone bewus te maak van moontlike bedreigings en veiligheidsprobleme en om prioriteitsareas vas te stel.
- Die tegniese agtergrond van ontleding en voorsiening van beskermde veiligheidsmaatreëls.
- Om betrokkenes in staat te stel om te besluit oor die omvang van veiligheidstudie wat benodig word en van die vereiste veiligheid.
4.2. Omvang van die Kursus
- Dit gee ‘n uiteensetting van breë beginsels en riglyne vir landelike veiligheid.
- Dit voorsien konseptuele begripsprosedures vir die evaluering van situasies en besluitneming oor die logiese veiligheid.
- Dit beskryf konsepte van tipiese veiligheidsmaatreëls.
- Die kursus dek nie al die voorsorgmaatreëls wat kan of behoort geneem te word om elke LKP te verseker nie. In baie gevalle, weens die ingewikkelde individuele vereistes van ‘n situasie, behoort professionele hulp gebruik te word.
4.3. Gebruik van die Kursus
- Dit moet gebruik word slegs as ‘n bron van algemene en begripsinformasie en nie as ‘n universele oplossing vir alle situasies nie – elke situasie moet individueel ontleed word.
- Dit kan gebruik word om algemene spesifikasies vir uitrusting en ander harde items vas te stel.
- Behoort as geklassifiseerde dokument beskou te word en sorg moet gedra word dat dit nie in ongemagtide hande val nie.
DIE BESTUURSKURSUS IS IN LYN MET DIE VOLGENDE SAQA “UNIT STANDARDS”:
25947, 242830, 120479, 120483, 119038, 253980, 120494, 244178, 120480, 244177, 259597, 120329, 11513 en 242679
OPSOMMING VAN DIE INHOUD
Module 1: Strategie
Hoofstuk 1
1 Algemene beskrywing van die Handleiding
2 Landelike Veiligheidsmaatreëls
3 Sistematiese benadering
4 Veiligheidsbeleid
5 Bedreigings
6 Bedreiging vir uitrusting, materiaal en produkte
Hoofstuk 2
Die begrip Landelike Beveiliging
Eiendomsbeveiliging
Personeel beveiliging
Fisiese Beveiliging
Buitegrenshindernisse
Ramp en noodbeplanning
Noodsaaklikheid van Landelike Beveiliging
Hoofstuk 3
Samewerking met die S A Polisiediens
Hoofstuk 4
Misdaadvoorkoming
Veediefstal
Hoofstuk 5
Die doel en noodsaaklikheid van Landelike Beveiliging
Hoofstuk 6
Beplanning en toepassing
Die beskerming van noodsaaklike bedrywe
Beheersentra
Noodplan
Evaluering van die gereedheidstand
Module 2: Taktiese Optrede
Hoofstuk 1
Stafvereistes vir ‘n beheersentrum
Landelike Beveiliging
Basiese Noodplan
Hoofstuk 2
Die Plan
Hoofstuk 3
Beheersentrum Uitleg
Hoofstuk 4
Landelike Beveiligingsnoodplan
Hoofstuk 5
Groepsgedrag en Polisiëring
Hoofstuk 6
Patrollies
Hoofstuk 7
Misdaadondersoek
Hoofstuk 8
Sekuriteit
Hoofstuk 9
Strategiese Doelwitbestuur
Hoofstuk 10
Ontplooiingsdril
Hoofstuk 11
Observasietegnieke
Hoofstuk 12
Inleiding tot kommunikasie
Hoofstuk 13
Grondbesetting
Hoofstuk 14
Ondersteuning aan die misdaadslagoffer
Hoofstuk 15
My regte tydens arrestasie
Hoofstuk 16
Siviele arrestasie en gebruik van geweld tydens arrestasie
Hoofstuk 17
Sekerheid in landelike beveiliging
Module 3: Beveiliging van plaaswerfopstalle
Hoofstuk 1
Plaasaanvalle
Hoofstuk 2
Sekerheid van plaasopstalle
Hoofstuk 3
Moontlike teenindringingsmaatreëls
Hoofstuk 4
Jag met honde
Hoofstuk 5
Merk van diere
Hoofstuk 6
Bemarking van diere
Hoofstuk 7
Rapportering van veediefstalle
Hoofstuk 8
Slagoffer regte
Hoofstuk 9
Gekontroleerde register
Hoofstuk 10
Betrokkenheid
Module 4: Basiese Inligting
Hoofstuk 1
Basiese Inligtingsteorie
Hoofstuk 2
Insameling
Hoofstuk 3
Verwerking
Hoofstuk 4
Bronne en hanteerders
